10 Sakpas bederfies
Ons is al in lente (wel, tegnies) en mense soek ‘n breek. 2020 is tot dusver ‘n veeleisende jaar en ek kan net dink dat jy jouself wil bederf om ‘n stukkie van jou siel terug te kry. Dit is egter nie altyd nodig om jou bankrekening te breek vir ‘n blaaskans nie. Hier is ‘n lys van slegs ‘n paar idees oor hoe jy jouself op ‘n sakpas-wyse kan bederf:
- ‘n Borrelbad. Skink sommer ‘n cappuccino of ‘n glas rooiwyn en jy is omtrent by ‘n Spa
- Gaan op ‘n uitstappie na ‘n dierehawe of troeteldierwinkel toe en speel met die baba’s
- Neem ‘n aand af en binge ‘n TV-reeks of ‘n klomp flieks, sommer met tuisgemaakte pizza en popcorn! Of roomys.
- Vat ‘n middagslapie
- As dit warmer is, gryp ‘n kombers en gaan lê bietjie in die son
- Gaan slaan ‘n paar balle by ‘n driving range
- Sit jou foon af en gaan koop roomys
- Maak jou gunstelingkos
- Gaan stap rond in ‘n plaaslike museum of kunsgallery, selfs dieretuin as daar een is
- Gaan hike of stap sommer in ‘n parkie – met jou gunstelingwegneemkoffie
Ons is so geneig om in die lokval van ‘retail therapy’ te val, maar dis eintlik glad nie nodig nie. Jy kan jouself bederf met ‘n roomys en byna beter voel daaroor as om klere of skoene te gaan koop wanneer dit nie noodsaaklik is nie.
Hou jy daarvan om geld uit te gee wat jy nie eintlik hoef nie wanneer jy ‘n lang week ervaar?
Oor en uit.