Begrotingsriglyne: Dave Ramsey en die 50/30/20 metode

Haai daar liewe leser!

Wanneer jy begin begroot, is dit soms moeilik om te weet of jy enigsins op die regte pad is of ‘n idee te vorm vir waar om te begin. Daar is duisende riglyne beskikbaar wat kan help om die taak eenvoudiger te maak. Die belangrikste is om te onthou dat dit riglyne is, en dat jou begroting vir JOU en jou lewe moet werk. Laai gerus die GRATIS Begroting 102 gids af onder nuttige materiaal, of op hierdie link: Begroting 101 gids in PDF.

In hierdie inskrywing kyk ons na 2 van die moontlike riglyne wat jy kan volg, naamlik Dave Ramsey se begrotingspersentasies en die 50/30/20 reël.

 

Dave Ramsey se begrotingspersentasies

Dave Ramsey, ‘n Amerikaanse radio omroeper, skrywer en besigheidsman, het ‘n stel riglyne wat redelik bekend is as dit kom by begrotings en persoonlike finansiële beplanning. Sy riglyne vir hoeveel geld jy op wat moet spandeer word soos volg uiteengesit:

Dit kom bloot daarop neer dat jy jou inkomste deel in hierdie verskillende afdelings in totdat 100% van jou salaris ‘n plek het om heen te gaan.

 

50/30/20 reël

Daar is ook die bekende 50/30/20 riglyn wat net in 3 kategorieë gedeel word teenoor Dave Ramsey se metode. Die 3 kategorieë is noodsaaklikhede (‘needs’), luukshede (‘wants’) en spaar, soos hieronder uiteengesit:

Jy kan maklik verskillende metodes toepas om vir jou rigting te gee en selfs die eenvoudige begrotingsjabloon (template) gratis aflaai by Nuttige materiaal en beheer oor jou finansies kry. Onthou, spyt kom altyd te laat. En dis nooit te laat om te begin begroot nie.

Oor en uit.