Testamente is nie net vir regte egte grootmense nie

Ja, ek weet ons almal maak maar net of ons weet wat ons doen in die lewe en niemand is eintlik 100% grootmense nie. Glo dit of nie, maar om jou testament en sake in orde te kry is nie net vir ‘ryk’ mense of daardie mense wat lyk soos regte egte grootmense nie. Dis vir almal. Ja, vir jou ook.