Die magic van vroeg begin spaar

Hulle sê:

Dit gaan nie oor mens se tydsberekening in die mark nie, maar jou tyd in die mark.

Albert Einstein het nie verniet gereken dat saamgestelde rente die 8ste wonder van die wêreld is nie. Ek gaan nie preek oor hoe belangrik dit is om so vroeg as moontlik te begin spaar nie; ek sal eerder laat die syfers die praatwerk doen.

In al drie scenarios wat ek gaan bespreek, spaar die persoon presies dieselfde hoeveelheid (R480 000) oor hulle leeftyd, maar die rente verdien verskil as gevolg van die tyd wanneer die persoon begin spaar het.

Scenario 1

Jy begin R1000 ‘n maand spaar op ouderdom 25 tot die dag wat jy 65 is. As ons ‘n aanname maak dat jy 8% groei jaarliks kry daarop, sal jy R3 491 007 hê. Jy sou fisies R480 000 van daardie bedrag spaar en die res is rente soos hieronder geillustreer:

Scenario 2

Jy begin R2000 ‘n maand spaar op ouderdom 45 tot die dag wat jy 65 is. As ons ‘n aanname maak dat jy 8% groei jaarliks kry daarop, sal jy R1 178 040 hê. Jy sou fisies ook R480 000 van daardie bedrag spaar en die res is rente soos hieronder geillustreer:

Scenario 3

Jy begin R2000 ‘n maand spaar op ouderdom 25 tot die dag wat jy 45 is en los die geld dan in die rekening totdat jy 65 is. As ons ‘n aanname maak dat jy 8% jaarliks kry daarop, sal jy R5 490 797 hê. Jy sou fisies weereens net R480 000 van daardie bedrag gespaar het en die res is rente soos hieronder geillustreer:

Skokkend nê? Om te dink in al drie gevalle spaar jy fisies presies dieselfde bedrag, maar die verskil op jou finale bedrag verskil met R4 312 757 net omdat jy vroeër begin spaar het en die geld ‘n langer tyd kon rente verdien.

Gaan jy dit nog langer uitstel om te begin spaar?

Dink daaroor. Gebruik die gratis begrotingraamwerk om jou te help die geld identifiseer om te kan spaar. Oor en uit.