Die skuldberading- of hersieningsproses

Die proses van skuldberading of hersiening

Liewe leser

Skuldberading is net ‘n ander woord vir skuldhersiening, en word dikwels oordink. Dit hoef nie ‘n vloekwoord in jou lewe te wees nie, maar kan eerder ‘n hulpmiddel wees om jou terug op die pad na finansiële vryheid te kry.

Hier is ‘n herinnering aan die Afrikaanse terme:

Indien jy besef het dat jy nie self van jou skuld ontslae gaan raak nie, kan jy ‘n skuldberader nader. Daar is natuurlik ook ander metodes om dit hanteer en jy sal met professionele hulp kan bepaal watter opsie vir jou die beste gaan werk. Kennis is natuurlik ook mag, en dit sal goed wees as jy jouself toerus met die verskil tussen die metodes sodat iemand jou nie om die bos kan lei nie.

Sou skuldberading/hersiening die proses wees wat vir jou gepas is, sal die proses oor die algemeen soos volg werk:

Stap 1:

Jy word evalueer om te bepaal of jy werklik te veel skuld het. Wanneer dit bepaal word, word jy onder skuldberading geplaas. Die skuldberaders stel al jou krediteure in kennis hiervan sodat hulle jou nie verder kontak rakende uitstaande betalings nie.

Stap 2:

Die skuldberaders onderhandel met jou krediteure vir laer rentekoerse, en om jou paaiemente te verlaag en dat jy dit eerder oor ‘n verlengde tydperk sal af betaal.

Stap 3:

Die skuldberaders doen aansoek by die hof namens jou, om die nuwe betalingsplan as ‘n hofbevel te laat verklaar.

Stap 4:

Jy betaal elke maand ‘n eenmalige paaiement aan die skuldberaders, wat seker maak jou krediteure word betaal.

Stap 5:

Wanneer jou skuld afbetaal is, reik die skuldberaders vir jou ‘n klaringsertifikaat uit en jy kan jou naam totaal en al skoon kry en jou kredietwaardigheid verbeter.

Jy kan hierna basies normaal voortgaan met jou lewe, solank jy ‘n gesonde verhouding met skuld handhaaf en jouself nie weer in die situasie bevind nie sal jy sommer lag-lag jou pad na finansiële vryheid kan aanpak.

Oor en uit.