Lewe na skuldberading

Lewe na skuldberading

Haai liewe leser

Jy het jou skuldberading voltooi en is skuldvry! G E L U K – hierdie is ‘n groot mylpaal om te bereik. Die groot vraag is seker, wat gebeur nou? Moet nie te veel bekommer nie, daar is lewe na skuldberading!

Eerstens, sodra jy die laaste betaling gemaak het, sal jou krediteure briewe/state uitreik om te bevestig dat jy hulle nie meer enige geld suld nie. Die skuldberader sal dan vir jou ‘n klaringsertifikaat (clearance certificate) uitreik, wat ook bekend staan as ‘n Vorm 19. Hierdie sertifikaat bevestig dat al jou rekeninge betaal is, maar sluit gewoonlik jou huislening uit. Jou huislening moet egter op datum wees.

Kan jy weer aansoek doen vir skuld?

Eintlik moet hierdie nie jou eerste vraag wees nie, aangesien jy sopas bevry is van hierdie ellendige las. Die antwoord is egter ja, jy sal kan. Dit is belangrik om egter dit verantwoordelik te benader en seker te maak jy het spasie in jou begroting om die skuld gemaklik te kana f betaal.

Hoe sal jou kredietwaardigheid (credit score) lyk?

Uit die aard van die saak, sal jou kredietwaardigheid baie laag wees na skuldberading. Jy kan dit egter herbou deur seker te maak jou betalings word op tyd gemaak. Sodra jy jou klaringsertifikaat ontvang het, behoort dit nie meer op jou credit score te wys dat jy onder skuldberading is nie. Indien dit nog so wys, kontak onmiddelik jou skuldberaders om dit uit te sorteer.

Dit kan jou credit score negatief beïnvloed indien jy aansoek doen vir skuld en word afgekeur, so dis beslis ‘n goeie idee om eers hieraan te verbeter voordat jy weer aansoek doen vir skuld.

Oor en uit.