Wil jy hê ‘n one size fits all beginsel moet gebruik word om jou goedere en geld te verdeel wanneer jy die dag jou kop neerlê, soos uiteengesit in die wet? Wil jy dit nóg moeiliker vir jou geliefdes maak as wat dit reeds is? Of selfs erger, wil jy jou kinders in ‘n vreemdeling se sorg laat?
Meer as 70% van werkende Suid-Afrikaners het nie ‘n testament nie[1]. Dit is ‘n belangrike stap in jou finansiële beplanningsproses om ‘n testament te hê en seker te maak daar val nie ‘n helse onbeplande las op iemand se skouers waarvoor hulle nie voorbereid was nie. Ongeag wie jy is of wat jy het, jou dood kos geld. Ek is ook seker jy wil nie die goed waarvoor jy hard gewerk het laat aan iemand wat jy laas gesien het toe hulle jou doeke geruil het, omdat die erfreg dit so voorskryf nie. Enige iemand, 16 jaar of ouer, wat bates het behoort ‘n testament te hê. Selfs al is dit net daardie kontant in jou spaarrekening. Jy behoort ook dan jou testament te hersien elke keer wat ‘n groot verandering in jou lewe plaasvind
Ek het jare gelede ‘n ding gelees wat my steeds by bly: “I thought I had a close family, until my grandmother died without a will.” Dis nie ‘n mooi proses nie. Dis emosioneel, langdradig en baie keer nie regverdig volgens die individue nie – en dis soms self met die voordeel van ‘n testament. Dus – maak seker jy het ‘n testament. Vandag nog.
Dit is nie heeltemal rocket science om ‘n testament te kry nie, veral nie as jou lewe en bates redelik eenvoudig is nie (soos byvoorbeeld as jy nie buitelandse beleggings het nie). Dit is egter van kardinale belang om te verseker dat hy wettig is en is dus in jou voordeel om iemand se bystand te kry. In die eenvoudige lewe-scenarios is daar baie goedkoop en goeie oplossings in Suid-Afrika. Jou bank kan jou byvoorbeeld help of jou versekeraars – gewoonlik vir ‘n klein fooi, indien nie verniet nie. Dis dan net belangrik om te kyk na al die fynskrif – want dit mag dalk behels dat hulle jou eksekuteurs sal wees en dan op daardie manier geld maak.
Bank beter het hande gevat met ‘n plaaslike maatskappy, QuickWill, om dit vir jou eenvoudig te maak om jou sake in orde te kry. Ons wil hê jy moet rustig slaap, wetend dat jou geliefdes voor gesorg sal wees as jy nie more jou oë oop maak nie.
QuickWill bied bystand om vir jou ‘n wettig bindende testament op te stel aanlyn, sonder enige gesukkel. In nét 4 vinnige stappe soos volg:

Hulle dwing jou glad nie om hulle as eksekuteurs aan te stel om later geld te maak nie. En laas wat ek gekyk het, was die testament net R375 once-off – wat jou toelaat om enige tyd later in te log en veranderinge te maak.
QuickWill, soos Bank beter, se doelwit was om die man op die straat toegang te gee tot iets wat gereeld gepaard gaan met baie hindernisse. Op dié manier kan enige iemand professionele hulp kry teen beskostigbare pryse en vanuit die gemak van jou eie huis.
Oor en uit.
[1] https://m.fin24.com/Money/Wills-and-trusts/over-70-of-working-south-africans-dont-have-a-will-heres-how-to-get-yours-for-free-20190915