Wagwoordroulette en ander gevare
More!
Ek HAAT daardie Facebook quizzes waarin mense wil hê jy dan ook die vrae op jou status moet deel en te beantwoord sodat hulle meer van jou kan leer – asseblief, vra my vir ‘n koffie as jy regtig wil weet wat my eerste troeteldier se naam was of my ma se nooiensvan. As jy regtig graag wil hê ek moet my strippernaam vir jou vertel gebaseer op my verjaarsdag en my pa se voorletters, hoekom hou jy nie sommer ‘n tema-partytjie waar ons lekker in persoon daaroor kan lag nie?
Het jy geweet as jy al hierdie inligting, onskuldig en minwetend, op sosiale media versprei is dit net soveel makliker vir hackers om jou wagwoorde te ontsyfer? En voordat jy jou oë uitvee kontak die bank jou oor die kredietkaart waarvan jy geen idee gehad het nie en is jy sommer netso ‘n slagoffer van identiteitsdiefstal. Natuurlik dink jy dit gaan nie met jou gebeur nie, tot dit doen en wat dan?
Ek wil nie preek nie, en ek weet jy doen dit vir blote onskuldige pret– maar dink dalk net twee keer oor die inligting wat jy op jou profiel deel. Sekere quizzes en speletjies is skadeloos, dis die waarin jy persoonlike inligting deurgee waarvoor jy soms versigtig moet wees.
Oor en uit.
[Dankie Danelle Vlok by Glacier wat my herinner het van hierdie!]