Haai! Welkom hier.

Skink ‘n koffie en kom ons gesels enige iets en alles F I N A N S I E S.

Ek is Lindie: ‘n doodgewone twintigs-iets mens wat verstaan en ook al voorheen die sente moes omdraai vir ‘n derde keer.  Ek het gedink hierdie is die perfekte manier om my liefde vir skryf, mense, bemagtiging, kennis en geldsake bymekaar te bring; alles oor ‘n lekker beker koffie.

Ek het die volgende kwalifikasies (en so bietjie skryfkursusse en ervaring) om my toe te rus om jou te help:

  • BCom in Beleggingsbestuur
  • BCom Honneurs in Beleggingsbestuur
  • Meesters (MCom) in Finansiële Wetenskappe
  • Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning

Gedurende my studies, werk en ekstra klasse aanbied het ek agter gekom dat daar ‘n behoefte is aan finansiële opvoeding in maklike, verstaanbare Afrikaans. Die probleem is baie keer nie dat mense nie wil leer wat aan gaan in hulle geldsake nie, maar dat dit net so moeilik verduidelik word dat hulle tou ingooi nog voordat hulle begin het. Kennis is mag. Bemagtig jouself en bereik finansiële vryheid. Vra die vrae wat jy het sodat ons daarop kan fokus om materiaal te skep wat jou actually sal help en wat jy wíl lees.

Ek wil probeer om hierdie gaping te vul hetsy deur middel van blogs, videos, oor koffies of met behulp van templates en modelle om jou lewe makliker te maak. Daar is min dinge so bevredigend en bevrydend soos ‘n oorskot in jou bankrekening aan die einde van die maand of die wete dat daardie onbeplande uitgawe aan jou kar nie slapelose nagte gaan veroorsaak nie. Dan is die af en toe se bederf met ‘n wegneemkoffie nie belaai met skuldgevoel nie.

Daarsy! Dis ek. Ek sien uit na ons journey en geselsies oor cappuccinos.

Haal asem. Finansies is nié bo jou vuur maak plek nie. Ons het hierdie.

Wie is jy en wat is jou vrae?

Oor en uit.

signature