Liewe leser,
Wanneer ‘n persoon van salaris tot salaris leef, verwys dit daarna dat jy gewoonlik meer maand as salaris het. Hierdie kan gebeur met mense in enige inkomstegroep, aangesien ons gereeld ons leefwyse aanpas vinniger as wat ons inkomste aangepas word. Indien jou salaris jou nog deur die maand gedra kry, is daar egter ander faktore ook om in ag te neem:
- Het jy spaargeld vir noodgevalle Ag f*k- en donderstormfondse?
- Indien jy spaargeld het, is dit genoeg om jou leefkoste te dek vir ‘n paar maande?
- Het jy maklike toegang na die spaargeld?
- Het jy al enigsins ‘n aftree-plan?
Meeste mense kan nie ‘n eenvoudige onverwagse uitgawe bekostig nie en word heeltemal omver gegooi sodra sulke uitgawe kop uitsteek. Dit veroorsaak gewoonlik ‘n toename in skuld, en dan natuurlik ook, in onnodige rente.
Hoe kan jy egter hierdie gewoonte eindig en eerder gemaklik asem haal in die laaste dae voordat dit weer payday is?
- Die B-vloekwoord: B E G R O O T!
Gee vir elke liewe sent in jou inkomste ‘n plek om heen te gaan. Hou op uitstel; jy is net besig om jouself te benadeel. Indien die gedagte aan finansies jou effe naar laat, gaan dit nie beter word hoe langer jy wag nie. Begin die probleem so gou moontlik ontrafel. Selfs al neem dit jou tien jaar. Begin met ‘n template en ‘n koffie.
- Spoor jou geld op.
Dit sal heel hulpvol wees as jy weet waarheen jou geld elke maand verdwyn wanneer jy jou begroting opstel en doelwitte formuleer. Gaan kyk na jou bankstate, strokies, banking app en vind uit waarheen verdwyn jou salaris so vinnig.
- Live below your means.
Maak seker jy spaar voordat jy spandeer, in plaas van andersom. Ons is so geneig om duurder uitgawes en meer uitspattige leefstyle na te jaag wanneer ook al ons ‘n verhoging kry, dat ons heeltemal vergeet om ook spaargeld aan te pas. Gee minder uit as wat jy ontvang; dis so eenvoudig soos dit.
- Noodfonds/Ag f*k-fonds
‘n Fonds vir daardie “ag f*k”-uitgawes kan ‘n sleutelelement in jou reis na finansiële vryheid raak en om jou te help om nie in noodgevalle na skuld te reik nie.
- Raak ontslae van jou skuld.
Jy kan gebruik maak van die sneeubal-effek om dit reg te kry. Skuld vreet nie net fisies in terugbetalings aan jou inkomste nie, maar ook deur die rente wat jy daarop betaal.
- Spaar outomaties.
Indien jy nie die dissipline het wat dit verg om spaar ‘n prioriteit te maak nie, laat dit outomaties gebeur deur middel van debietorders, ensovoorts. Meeste banke gee selfs vir jou die opsie om ‘n outomatiese oorbetaling tussen jou rekeninge te maak.
- Kry vir jou ‘n aanspreeklikheidsvennoot
Maak seker dis iemand wat seker sal maak jy hou by jou doelwitte en die vrymoedigheid sal hê om jou aanspreeklik te hou wanneer jy nie doen nie. Accountability partners is belangrik op verskeie areas van ons lewens en maak dit aansienlik makliker om te strewe na ‘n lewe waaroor ons droom.
- Beplan jou uitgawes
Stel ‘n spyskaart op en skryf ‘n inkopieslys. Beplan selfs vir die uitgawes wat gewoonlik op die ingewing van die oomblik gebeur sodat dit nie verrassings in jou begroting is nie.
- Refresh
Partykeer help dit as jy vir een of twee maande slegs geld uitgee op behoeftes of op die minimum wat jy moontlik kan, net om vir jou ‘n headstart te gee en jou te help om jou gewoontes te reset.
- Kry motivering.
Wat is jou WHY? Dis een ding om te besluit jy wil iets nastreef en om te weet dis belangrik vir jou toekomstige self, maar dis nie altyd so maklik om dit deur te sien as jy nie ‘n duidelike groter prentjie het waarnatoe jy werk nie.
Jy gaan jou gewoontes en jou mindset moet verander om werklik ‘n vordering te sien in jou reis na finansiële vryheid. Dit gebeur nie oor nag nie, en verg beslis geduld en deursettingsvermoë – maar ek kan jou verseker dat jy sal besef dis die moeite werd die oomblik wat jy die eerste keer nie voel of jy in die verkeer gaan begin huil omdat jy nie weet hoe jy die onverwagse uitgawe gaan betaal die maand nie. (Is dit net ek, of is hierdie uitgawes gewoonlik kar-, medies- of loodgieter verbonde?)
Oor en uit.