6 Geldgewoontes van die suksesvolles

More! Ons wil altyd soos iemand anders wees, nê? Ons wil ‘n kar ry soos die buurman, want dan is ons suksesvol in ons opinies. Of ons wil kan klere koop sonder ‘n begroting of sommer net kaartjies bespreek na eksotiese bestemmings sonder om die droom te moet laat vaar. So ek het dit goed gedink om navorsing te doen oor geldgewoontes wat mense wat as suksesvol beskou word, toepas in hulle lewens.

Daar is duisende van hierdie gewoontes, en ‘n volgende artikel sal fokus op die gewoontes in ‘n gewone dag, maar hierdie is die oorkoepelende 6 gewoontes wat jou kan help om uiteindelik daardie skuld wat jou vryheid ontneem vry te spring. 

Daar is baie maniere om ryk te word, maar om ryk te bly gaan jy egter ‘n paar goeie geldgewoontes moet aanleer. Ons is geneig om net te aanvaar dat ander beter lewe as ons en meer spaargeld het as ons omdat hulle ‘n beter werk het, of geërf het, ensovoorts en alhoewel dit ‘n groot rol kan speel,  gaan hulle nie welaf kan bly as hulle nie goeie finansiële gewoontes het nie.

Die bonus? Jy kan hierdie gewoontes op jouself toepas ongeag die grootte van jou inkomste.

  1. Leef op minder geld as wat jy verdien

Daar is oral versoekings , maar die gevolg daarvan om in te gee en meer te koop as wat jy nodig het,of wat jy kan bekostig, eindig meeste van die tyd met ‘n kredietkaart wat oor jou skouer loer. Stel ‘n begroting op en as daar duur items is wat jy soek, spaar dalk liewers eers ‘n paar maande as om  jou kredietkaart uit te pluk..

  1. Stel duidelike finansiële doelwitte en check daarmee in

Doelwitte kan gebruik word as motivering, byvoorbeeld: om ‘n huis te koop, ‘n lekker vakansie, ‘n nuwe kar, daardie wynyskas. As dit gekoppel is aan ‘n tyd byvoorbeeld ‘n troue wat ver van jou af is, werk uit hoeveel moet jy elke maand spaar en begin.

  1. Hulle maak opofferings en is nie impulsiewe kopers nie

Veral aanvanklik, omdat hulle aan die groter prentjie dink eerder as ingee aan ‘instant gratification’.

  1. Hulle spaar ‘n betekenisvolle gedeelte van hulle inkomste en maak dit ‘n prioriteit

Daar is nie ‘n magic getal of proporsie van jou inkomste om te spaar nie, maar meeste begrotingsriglyne stel ongeveer 15-30% van jou inkomste voor. Indien dit egter nie op die oomblik ‘n moontlikheid is nie, begin met soveel as moontlik en probeer dit elke jaar groei, al is dit met 1%. Jy kan ook enige onverwagse uitgawes gebruik om jou spaardoelwitte ‘n hupstoot te gee!

Jy moet ook spaar voordat jy begin spandeer. Hulle sê mos: “betaal jouself eerste”.

  1. Hulle belê hulle geld

Om jou geld te belê is die beste om dit te laat groei oor die langtermyn. Laat jou geld meer word deur so vroeg as moontlik te belê en beleef hierdie magic van groei. Indien jy beplan om die geld te gebruik binne die volgende 3 jaar, is ‘n spaarrekening met rente heel moontlik ‘n beter opsie teenoor ‘n beleggingbelê.

  1. Hulle hou nooit op met leer nie

Leer soveel as moontlik oor hoe om jou geld te bestuur en te belê sodat iemand nie jou met ‘n slenter kan vang en dan sit jy met boggerol oor op jou naam nie.

Hoeveel van hierdie gewoontes volg jy? Onthou, ‘n doelwit is ‘n droom met ‘n deadline. Jy kan droom oor finansiële vryheid, maar die drome beteken minder as niks as dit nie in aksies en ‘n plan omskep word nie.

Stel vandag vir jou ‘n doelwit en werk daarheen. Oor en uit.