Skuldberading: wie, wanneer en hoekom?

Haai liewe leser

Wanneer moet jy vir skuldberading, of ‘n ander metode om skuld te hanteer, begin oorweeg?

Mense wat te veel skuld het en sukkel om hulle betalings te maak, moet begin oorweeg om hulp te kry. Die maklikste stap is natuurlik om jou begroting onder vier oë te neem en te kyk of dit nie moontlik sal wees om jouself uit die situasie te kan kry nie. Indien dit egter nie moontlik is nie, kan jy aansoek doen dan jy verklaar word as overindebted, met ander woorde dat jy te veel skuld het.

Slegs ‘n paar tekens daarvan dat jy moontlik te veel skuld het, is:

  • Jou kredietkaarte is gemax
  • Jy skiep sekere betalings om ander mee te maak
  • Jy gebruik spaargeld/krediet om jou gewone leefkoste te betaal
  • Jy leen geld om skuld af te betaal
  • Jy vermy mense vir wie jy geld skuld
  • Jy kry boodskappe/oproepe vanaf jou krediteure
  • Jy is nie doodseker hoeveel skuld jy het nie
  • Jy word geweier om addisionele skuld te maak
  • Jy slaap sleg omdat jy oor skuld bekommerd is
  • Dis nie regtig vir jou moontlik om te spaar nie
  • Jy kan nie meer as die minimum betalings op jou skuld bekostig nie

Skuldberading/hersiening word dikwels as ‘n skande gesien, maar kan vir iemand wat sukkel met te veel skuld wesenlike voordele in hou. ‘n Paar voorbeelde sluit in:

  • Terwyl jy besig is met skuldberading/hersiening, kan krediteure geen aksie teen jou neem nie
  • Daar is nie ‘n permanente rekord van die berading/hersiening nie
  • Daar is gewoonlik net een betaling per maand om te maak
  • Jou begroting sal steeds ruimte laat vir jou gewone leefkoste
  • Jy sal nie meer betaal as wat jy redelik kan bekostig nie
  • Die skuldberader sal jou kan help om beter te begroot
  • Jy gaan nie meer oproepe vanaf jou krediteure ontvang nie
  • Jy kan weer aansoek doen vir skuld wanneer jy ‘n klaringsertifikaat ontvang

Elke goeie ding, kom natuurlik met sekere nadele ook en skuldberading is geen uitsondering nie. Gedurende hierdie proses kan jy nie aansoek doen vir enige addisionele skuld nie en jy gaan ‘n fooi aan die skuldberader betaal (alhoewel dit deur die reg gereguleer word om redelik te wees).

Jou skuld gaan ook ongelukkig langer neem om af te betaal as die oorspronklike ooreenkoms met krediteure, as gevolg van die laer paaiemente wat jou skuldberader vir jou sou beding. Dit is mos logies dat jy langer gaan eet, wanneer jy kleiner happies vat.

Oor en uit.