10 wenke om nie van salaris tot salaris te leef nie

Liewe leser, Wanneer ‘n persoon van salaris tot salaris leef, verwys dit daarna dat jy gewoonlik meer maand as salaris het. Hierdie kan gebeur met mense in enige inkomstegroep, aangesien ons gereeld ons leefwyse aanpas vinniger as wat ons inkomste aangepas word. Indien jou salaris jou nog deur die maand gedra kry, is daar egter […]

Die latté-effek

Die latté-effek Die latté-effek is bekend gemaak deur die Amerikaanse skrywer, David Bach. Die konsep is redelik eenvoudig: klein bedrae wat ons gereeld spandeer, kos ons baie meer as wat ons dink. In Afrikaans sal ons dalk beter verstaan as ons daarna verwys as die ‘Laat hy’-effek, want ons moet beslis nie ons geld laat […]

5 redes om so vroeg moontlik finansieel savvy te word

Ons hoor altyd hoe belangrik dit is om te leer begroot en om met geld te werk. Ons deel maklik grappies op sosiale media oor wat ons éérder in die LO-klas sou wou leer, wat baie keer dinge rakend belasting en aftrede behels.

Spaar vs Belê

Ek dink daar is groot verwarring onder ‘n magdom mense, so kom ons stel dit vandag reguit: om te spaar en om te belê is twee totale verskillende dinge.

Gewoonlik platsak na Kersfees? Probeer hierdie!

Januarie voel altyd soos drie dekades kompak verpak binne 31 dae, waarvan die eerste eeu die langste voel. Dis skokkend hoe baie mense bereid is om skuld te maak net vir Desember-uitgawes. Kersfees is veronderstel om ‘n wonderlike tyd van die jaar te wees, waartydens ons omring word met ons geliefdes en onsself knuppeldik eet. […]

Swipe daai plastiek!

Ek het een keer gelees: “Kredietkaarte is ‘n fantastiese manier om vir goed te bepaal, maar ‘n verskriklike manier om mee geld te leen”. Aanvanklik is dit ‘n vreemde stelling, want om op mens se kredietkaart te koop, is tog altyd op skuld? Liewe leser. Kredietkaarte is hoog op die lys van moet-hê’s volgens almal […]

6 Geldgewoontes van die suksesvolles

Ons wil altyd soos iemand anders wees, nê? Ons wil ‘n kar ry soos die buurman, want dan is ons suksesvol in ons opinies. Of ons wil kan klere koop sonder ‘n begroting of sommer net kaartjies bespreek na eksotiese bestemmings sonder om die droom te moet laat vaar. So ek het dit goed gedink om navorsing te doen oor geldgewoontes wat mense wat as suksesvol beskou word, toepas in hulle lewens.

12 Begrotingsmites wat jou weerhou van sukses

Begroot kom nie natuurlik vir almal nie, boonop is daar nog wolhaarstories wat die rondte doen om jou af te skrik. Begrotings is nie daar om jou te straf nie, dis juis daar om vir jou mag en vryheid te gee. Dit kan nogal selfs belonend wees as jy dit verder as die 3de week maak. Ek is seker daar is nog talle van hierdie leuens daar buite, maar die 12 mites wat ek vandag wil bust is soos volg:

Sneeuballe & skuld

Skuld – ek weet, nie iets waaroor ons graag gesels nie. Dit hoef egter nie so groot las op jou balansstaat of skouers te wees as jy skouer aan die wil sit en dit een vir een uit jou lewe elimineer nie. Die wyse Albert Einstein het blykbaar gesê:

“Compound interest is the eighth wonder of the world. He who understands it, earns it and he who doesn’t, pays it.”