Belastingvrye… gratis middagete!

Liewe leser Suid-Afrikaanse huishoudings het van die laagste spaarkoerse in die wêreld. Die staat het dit besef en het dit goed gedink om produkte op die mark te stel om mense te motiveer om meer te spaar. Belastingvrye Spaarplanne en Beleggingsplanne is bekendgestel, wat jou toelaat om tot ‘n maksimum van R36 000 jaarliks en R500 000 […]

Spaar vs Belê

Ek dink daar is groot verwarring onder ‘n magdom mense, so kom ons stel dit vandag reguit: om te spaar en om te belê is twee totale verskillende dinge.

Gewoonlik platsak na Kersfees? Probeer hierdie!

Januarie voel altyd soos drie dekades kompak verpak binne 31 dae, waarvan die eerste eeu die langste voel. Dis skokkend hoe baie mense bereid is om skuld te maak net vir Desember-uitgawes. Kersfees is veronderstel om ‘n wonderlike tyd van die jaar te wees, waartydens ons omring word met ons geliefdes en onsself knuppeldik eet. […]

Goeie skuld of slegte skuld?

Goeie en slegte skuld Suid-Afrikaners het gemiddeld heelwat meer persoonlike skuld as baie ander inwoners van die Aarde, en dit is meeste van die tyd slegte skuld. Mens kry gewoonlik twee tipes mense: dié wat glo kontant is koning en nie met ‘n tien voet paal naby skuld wil kom nie, of dié wat hulle […]

Swipe daai plastiek!

Ek het een keer gelees: “Kredietkaarte is ‘n fantastiese manier om vir goed te bepaal, maar ‘n verskriklike manier om mee geld te leen”. Aanvanklik is dit ‘n vreemde stelling, want om op mens se kredietkaart te koop, is tog altyd op skuld? Liewe leser. Kredietkaarte is hoog op die lys van moet-hê’s volgens almal […]

6 Geldgewoontes van die suksesvolles

Ons wil altyd soos iemand anders wees, nê? Ons wil ‘n kar ry soos die buurman, want dan is ons suksesvol in ons opinies. Of ons wil kan klere koop sonder ‘n begroting of sommer net kaartjies bespreek na eksotiese bestemmings sonder om die droom te moet laat vaar. So ek het dit goed gedink om navorsing te doen oor geldgewoontes wat mense wat as suksesvol beskou word, toepas in hulle lewens.

Die magic van vroeg begin spaar

Hulle sê dit gaan nie oor mens se tydsberekening in die mark nie, maar jou tyd in die mark. Albert Einstein het nie verniet gereken dat saamgestelde rente die 8ste wonder van die wêreld is nie.

Wat presies is aandele?

‘n Aandeel in ‘n besigheid is die gedeelte of proporsie van die besigheid wat jy besit of jou belang in die besigheid, terwyl die ander aandele aan ander mense behoort. Aandele is die eenhede waarin eienaarskap gemeet word.

12 Begrotingsmites wat jou weerhou van sukses

Begroot kom nie natuurlik vir almal nie, boonop is daar nog wolhaarstories wat die rondte doen om jou af te skrik. Begrotings is nie daar om jou te straf nie, dis juis daar om vir jou mag en vryheid te gee. Dit kan nogal selfs belonend wees as jy dit verder as die 3de week maak. Ek is seker daar is nog talle van hierdie leuens daar buite, maar die 12 mites wat ek vandag wil bust is soos volg: