Sneeuballe & skuld
Skuld – ek weet, nie iets waaroor ons graag gesels nie. Dit hoef egter nie so groot las op jou balansstaat of skouers te wees as jy skouer aan die wil sit en dit een vir een uit jou lewe elimineer nie. Die wyse Albert Einstein het blykbaar gesê:
“Compound interest is the eighth wonder of the world. He who understands it, earns it and he who doesn’t, pays it.”
Wat is jou ‘WHY’?
Ek is seker jy is verskeie keer in jou lewe gevra hoekom doen jy iets, of wat is jou dryfkrag. Hoekom? Sonder ‘n doel/doelwit/rede agter iets, verloor ons maklik koers wanneer dinge moeilik raak.
Testamente is nie net vir regte egte grootmense nie
Ja, ek weet ons almal maak maar net of ons weet wat ons doen in die lewe en niemand is eintlik 100% grootmense nie. Glo dit of nie, maar om jou testament en sake in orde te kry is nie net vir ‘ryk’ mense of daardie mense wat lyk soos regte egte grootmense nie. Dis vir almal. Ja, vir jou ook.
Wat is ‘n unit trust?
Mense praat van die groei op hulle fondse, of hulle beleggings in ‘n unit trust, effektetrust of beleggingsfonds – maar wat is dit presies en hoeveel geld het jy nodig?
As dit te goed klink om waar te wees, veral in finansies…
As dit te goed klink om waar te wees, veral in finansies… dan ís dit heel moontlik te goed om waar te wees. Lees daardie weer. En voordat jy R200 in ‘n Whatsapp ‘stokvel’ verloor in ruil vir ‘n beloofde R1200 dan lees jy dit nog tien keer en gaan bêre jou geld – selfs […]
Ag f*k- en donderstormfondse
Noodfondse. Of soos ek dit gedoop het: ag f*k- en donderstormfondse. Hierdie is een van die belangrikste boustene van die pad na finansiële vryheid wat jy vir jouself kan neem. Het jy geweet dat 40% van Amerikaners nie ‘n $400 onverwagse uitgawe sal kan dek sonder om skuld te maak of ander betalings te moet […]
12 wenke om te spaar op inkopies
Haai! Laasweek het ons gesels oor begroot en jy het gereedskap gekry om jou geldsake te help beheer soos hierdie nuttige gids en Excel sjabloon, gesels ons die week oor daardie nimmereindige uitgawe op kruideniersware. Dit is asof mens altyd meer uitgee op so uitstappie vir inkopies as wat jy beplan het. Dit laat mens […]
Begroot is badass
Begroot is badass Het jy gewoonlik meer maand as geld? Raak jy skoon benoud as iemand net begin praat oor vakansies, kersfees en inkopies? Wil jy óók jou instagram oorlaai met foto’s van eksotiese vakansies, jou eerste huis of sommer net daardie televisie waarna jy al so lank smag om Saterdae se rugby en braai […]
9 wenke vir jou finansies gedurende ‘n krisis
Haai! Ons is in scary tye, of wat dink jy? Niemand kan voorspel waarheen is ons oppad nie of dat ons hier sou staan nie. Ek het beslis nie gedink ek gaan sommer so met krisispraatjies moet afskop nie. Voorbereiding vir ressessies ja, maar eers later.
Is jý finansieel geletterd? Vind uit in net 15 vrae!
Is jý finansieel geletterd? Vind uit in net 15 vrae! Haai! Welkom by my eerste artikel vir ‘Bank beter met Lindie’. Ek het dit begin om jou en soveel ander in jou posisie se finansiële geletterdheid te verbeter in ‘n lekker geselskap atmosfeer soos oor ‘n koffie, sodat dit nie voel asof jy leer terwyl […]